31ste Oscar-toekenningsaand

  31ste Oscar-toekenningsaand 

Datum 6 April 1959
Plek Pantages Theatre,
Hollywood
Aanbieder Jerry Lewis, Mort Sahl,
Tony Randall, Bob Hope,
David Niven, Laurence Olivier
Pryse & benoemings
Beste rolprent  Gigi
Meeste pryse  Gigi (9)
Meeste benoemings  Gigi en The Defiant Ones (9 elk)

Die 31ste Oscar-toekenningsaand is op 6 April 1959 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Hollywood gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 1958. Die vervaardiger van die seremonie, Jerry Wald, het nommers uit die program begin sny om seker te maak dit eindig betyds. Hy het egter te veel gesny en die seremonie was 20 minute te vroeg verby. Jerry Lewis het probeer opmaak vir die ekstra tyd, maar die uitsaaier, NBC, het eindelik oorgeslaan na ’n sportuitsending.

Die prent Gigi het nege Oscars gewen en die rekord van Gone with the Wind se agt pryse verbeter. Dit was ook die laaste rolprent tot The Last Emperor in 1988 wat as beste rolprent aangewys is sonder enige akteursbenoemings. Dit het ook gespog met die meeste benoemings wat almal gewen is. Die rekord is deur The Last Emperor geëwenaar en eers in 2003 deur The Lord of the Rings: The Return of the King oortref.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search